Hello my liefste Poepies, Vandag is nie net jou verjaarsdag nie — dis die dag waarop die wêreld ‘n ongelooflike mens soos jy gekry het. Jy is my beste vriend, my veilige plek, en my grootste seën. Ek wens ek kon nou by jou wees om jou vas te hou, jou te soen, en vir jou in die oë te kyk om te sê hoeveel ek jou liefhet. Jy maak elke dag spesiaal, selfs op die moeilikste dae. Ek’s so trots op alles wat jy al bereik het, en ek’s nog meer opgewonde oor wat nog kom. Jy’s sterk, dapper, vol deernis — en boonop sexy met daai boudjies. 😏
Here, dankie dat U vir my hierdie ongelooflike man gegee het. Dankie vir sy hart, sy sagtheid, en sy vasberadenheid. Ek vra dat U hom sal beskerm, lei en seen in alles wat hy aanpak. Mag hy vandag en elke dag voel hoe lief hy is — deur my en deur U. Mag hy vreugde vind in die klein goed, moed hê vir groot drome, en rus in U teenwoordigheid. Amen.
Ons het al soveel pad saam gestap — van lag tot huil, van vrees tot oorwinning. En al het ons al ver gekom, weet ek dit’s net die begin van iets baie spesiaal. Dankie dat jy altyd probeer. Dankie dat jy geduldig is wanneer ek nie is nie. Dankie dat jy my verstaan, selfs wanneer ek nie weet wat ek voel nie. Jy’t my geleer hoe dit voel om regtig liefgehê te word. Ek wens ek kon dit teruggee met al die liefde in die wêreld. Ek’s lief vir jou — meer as wat ek ooit in woorde kan sê.
Jy’s dalk 23 nou, maar jy’s steeds die man wat “YEAHHH BUDDY!!” skree as jy opstaan. En ek’s lief vir elke bietjie daarvan. Ek kan nie wag om jou weer vas te druk en jou stupid grappies nat jou grappies te luister nie. Jy’s my absolute gunsteling mens.
Druk die knoppie hieronder om jou verjaarsdag-koepon in te los vir:
"10x drukkies, 100x soentjies, en 'n hele aand se cuddle time"